Posted On: September 11th 2025, 03:42 am
One week of family-bliss in Uhmlanga ☀️
Ek en
@stephanus_rabie het besef ons het nog nie die jaar vakansie geneem nie. 😳
Met al die huis-renovations, hy wat gereeld toer vir werk, Aloha se baie-siek wees - was vakansie nie eers ter sprake nie! Mens het wel ‘n blaaskans nodig (veral voor ons volgende sussie kom) so toe hardloop ons vir ‘n week weg na warmer weer in Natal. Stephanus kon surf, ek en Aloha kon stap, ons het geswem, lekker geëet en heeltyd met ons kabouter gejol!
Life is good. Mens moet partykeer net ‘pause’ druk tydens die gejaag van die lewe en besef hoeveel jy het om voor dankbaar te wees!