🛟 29 Maart - 4 April vind ons volgende lewensredding kursus plaas 🛟
As jy teen die einde van hierdie jaar 16 of ouer is kan jy vir hierdie kursus inskryf. Universiteit studente is ook welkom, want ons verstaan hoe besig die skool en sport kalenders deesdae is.
Die April kursus is persoonlik ons gunsteling, want die groep is kleiner so ons leer ons studente baie beter ken. Ons kry geleentheid om nuwe aktiwiteite in te sluit wat ons nie op die Oktober kursus kan doen nie omdat die groep te groot is en die opleidings kwaliteit is fantasties omdat dit meer intiem is. As dit nie genoeg is om jou te oortuig nie is die weer ook gewoonlik beter en die water warmer 🌞
Hierdie kursus gaan oor baie meer as om te kwalifiseer as lewensredder. Hier leer jy jou werklike self ken en maak nuwe beste vriende wat saam met jou deur dik en dun sal staan.
Ons kry gereeld boodskappe van studente wat die kursus voltooi het - sommige so ver terug as die 1980's - wat vertel dat hierdie ervaring die beste ding was wat hulle vir hulself op daardie stadium in hul lewe kon doen.
Inskrywingsvorms beskikbaar op ons website, deur die skakel in ons bio of epos
[email protected] vir meer inligting.
Glo in jouself en belê in jouself 💪🏆🔥
#Hermanus
#hermanuslife
#westerncapeyouth
#overberg
#lifesaving