Posted On: October 30th 2026, 06:31 pm
Een van die kloppe van my hart is die wonderlike mense / kliente wat elke dag oor my pad kom. Vir meer as n dekade stap ek al n pad met van hierdie prokureurs en aktesdames - vir wie ek die grootste respek het.
Vandag het Louw en Coetzee Prokureurs ons bederf met n topklas funksie, waar ons kon kuier, opvang, dans, lag en heerlik eet.🎀
Aktesjol 2026 was uit die boonste gestoeltes en het ons meegevoer na die Griekse Eiland waar Mama Mia homself afgespeel het.
Groot pret, Groot lekkerte en diepe bande.
Vanaand is my beker vol en my hart dankbaar.
Thank you for the music 🎵🪻🪇💛