Instagram story viewer> @glimlagfees> Posts
8K
followers
628
following
Live music 🎡
Variety of stallsπŸ›’
Beer tent 🍻
Playpark 🀩
When?
3 Oct - Benoni Northerns Sports Grounds
See you there!😁
Tickets available in bio 😎
POSTS STORIES REELS TAGGED
BENONI, JULLE HET ONS ASEMS WEGGESLAAN! ❀️🎢

Amper 15 000 mense. Een ongelooflike dag. Duisende glimlagte. En herinneringe wat ons nog lank gaan koester!

GLIMLAG FEES 2026 – WAT ’N DAG! πŸ”₯

Van die eerste feesgangers wat deur die hekke gestap het tot die laaste note wat oor Benoni weerklink het ... julle het gewys wat gebeur wanneer ’n gemeenskap saamstaan!

Aan ons ongelooflike borge en vennote – DANKIE! Julle het nie net ’n fees geborg nie. Julle het gehelp om ’n droom in ’n werklikheid te omskep. Sonder julle sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie.

Aan elke kunstenaar wat die verhoog laat lewe het, elke stalletjiehouer wat deel van die ervaring was, elke skool wat ons met ope arms ontvang het, elke diensverskaffer en spanlid wat agter die skerms gewoeker het – julle was deel van die magiese oomblik op Benoni Northerns se sportsgronde!

En aan elke enkele feesganger wat opgedaag, saamgesing, gedans, gelag en die dag saam met ons beleef het ... hierdie een was vir JULLE! ❀️

Die heel mooiste van alles? Saam kon ons ook Smile Foundation ondersteun en help om glimlagte te bring waar dit die meeste saak maak.

Ons kan honderde foto's plaas en ure se video's wys, maar niks sal ooit die gevoel van daardie dag heeltemal kan vasvang nie.

Hier is net ’n klein kykie na ’n BAIE GROOT dag! πŸŽ₯

Van ons almal by die Glimlag Fees en The Marketing Zoo:

BENONI, JULLE HET JULLE HARTE GEWYS. ONS S'N IS VOL! DANKIE, ONS MAAK VOLGENDE JAAR WEER SO ❀️

#GlimlagFees #Benoni #TheMarketingZoo #SmileFoundation #AfrikaanseMusiek by @glimlagfees
1
10 days ago
Download
πŸŽ‰ GLIMLAG FEES 2026 | 3 OKTOBER | BENONI NORTHERNS SPORTSKLUB πŸŽ‰

Die wag is verby… die VOLLE GLIMLAG FEES-PROGRAM is hier! πŸ”₯

Van jou gunsteling kunstenaars tot al die lekker dinge wat die oggend gebeur – nou kan jy jou feesdag behoorlik begin beplan! πŸŽ€πŸ’ƒ

πŸ‘‰ Swipe deur die program, screenshot hom en stuur hom sommer vir jou feesgroep ook! πŸ“²

Sien julle Saterdag – ons is reg om saam met julle te GLIMLAG! πŸ˜πŸ’›

#GlimlagFees #GlimlagFees2026 by @glimlagfees
1
17 days ago
Download
πŸŽ‰ GLIMLAG FEES 2026 πŸŽ‰
πŸ“ 3 OKTOBER | BENONI NORTHERNS SPORTSKLUB

3 Oktober β€” jy móét daar wees 😏πŸ”₯
Musiek, mense, memories en daai Glimlag Fees energie wat jy nie kan beskryf nie… net beleef πŸŽΆπŸ’œ

🎟️ Kaartjies beskikbaar by:
https://bit.ly/GlimlagFees2026

#GlimlagFees #GlimlagFees2026 #BenoniNortherns #AfrikaanseMusiek #FeesSeisoen #SmileFoundation #MaakHerinneringe by @glimlagfees
8
5 months ago
Download
Ons sosiale media was dalk die afgelope ruk 'n bietjie stil, maar agter die skerms het daar GROOT dinge gebeur! πŸ’œ

Een van die hoogtepunte was beslis @glimlagfees! πŸŽ‰

Wat 'n ongelooflike dag vol musiek, lag, saamkuier en onvergeetlike herinneringe! Dit was so spesiaal om deel te wees van 'n fees waar mense bymekaarkom om nie net lekker te kuier nie, maar ook 'n verskil te maak.

En raai wat? Fiesta op @kyknettv het ook kom inloer om al die opwinding vas te vang! πŸŽ₯

Van fantastiese kunstenaars tot die heerlike feesatmosfeer – Benoni het beslis gewys hoe om saam fees te vier!

Ons het soveel mooi oomblikke om met julle te deel, so hou hierdie blad dop. Daar is nog baie om te wys!

Small business. BIG memories! πŸ’•

#MarvellousMarliMoments #GlimlagFees2026 #Fiesta #kykNET #MakingMemories YoungEntrepreneur by @glimlagfees
0
a day ago
Download
πŸŽ‰ GLIMLAG FEES 2026 | WRITE YOUR OWN LIFE BOOK πŸŽ‰

VAN ONVERGEETLIKE FEESHERINNERINGE TOT JOU EIE LEWENSVERHAAL! πŸ“–β€οΈ

Party herinneringe is net te spesiaal om te vergeet… en party stories verdien om vir generasies voort te leef!

Write Your Own Life Book het ons lojale Glimlag Fees-ondersteuners behoorlik bederf met 12 maande se gratis premium-toegang tot hul toep! 

’n Hele jaar om jou mooiste herinneringe, spesiale oomblikke en lewensverhaal vas te vang. Want elkeen van ons het ’n storie wat die moeite werd is om te vertel! 

BAIE DANKIE AAN WRITE YOUR OWN LIFE BOOK DAT JULLE DEEL WAS VAN GLIMLAG FEES 2026 EN GEHELP HET OM HIERDIE ONVERGEETLIKE DAG MOONTLIK TE MAAK! πŸ’›

#GlimlagFees #GlimlagFees2026 #AfrikaanseMusiek #Benoni #WriteYourOwnLifeBook by @glimlagfees
0
2 days ago
Download
πŸŽ‰ GLIMLAG FEES 2026 | AG GROUP PLUMBINGS & ELECTRICAL πŸŽ‰

DIE FEESPRET WAS GROOT… EN DIE VOORDELE HET AANGEHOU! πŸŽπŸ™Œ

Glimlag Fees se lojale ondersteuners verdien mos ’n bietjie ekstra bederf!

AG Group het gehelp om ons Lojaliteitsklub nóg meer spesiaal te maak met ’n R500-afslagbewys op ’n volgende diens.

Want wie seΜ‚ die lekker van Glimlag Fees moet eindig wanneer jy huis toe gaan? 

BAIE DANKIE AAN AG GROUP DAT JULLE DEEL WAS VAN GLIMLAG FEES 2026 EN GEHELP HET OM HIERDIE ONVERGEETLIKE DAG MOONTLIK TE MAAK! πŸ’›

#GlimlagFees #GlimlagFees2026 #AfrikaanseMusiek #Benoni #Lojaliteitsklub by @glimlagfees
0
2 days ago
Download
πŸŽ‰ GLIMLAG FEES 2026 | KRISPY KREME πŸŽ‰

DONUT WORRY, BE HAPPY! 🍩😍

Asof ’n dag vol musiek en lekker kuier nie reeds soet genoeg was nie... Krispy Kreme het nóg ’n bietjie ekstra soetigheid by die fees gevoeg!
500 gelukkige feesgangers kon die dag met ’n heerlike gratis doughnut afskop.

En kom ons wees eerlik… ’n glimlag en ’n doughnut is nogal ’n perfekte kombinasie! 🀭❀️

BAIE DANKIE AAN KRISPY KREME DAT JULLE DEEL WAS VAN GLIMLAG FEES 2026 EN GEHELP HET OM HIERDIE ONVERGEETLIKE DAG MOONTLIK TE MAAK! πŸ’›

#GlimlagFees #GlimlagFees2026 #AfrikaanseMusiek #Benoni #KrispyKreme by @glimlagfees
1
3 days ago
Download
Glimlag Fees 2026 πŸ˜πŸ“Έ - @onikevanvuuren taken in Benoni, Gauteng, South Africa by @glimlagfees
2
3 days ago
Download
Glimlag Fees 2026 - @dannysmokeking taken in Benoni, Gauteng, South Africa by @glimlagfees
1
3 days ago
Download
πŸŽ‰ GLIMLAG FEES 2026 | THE MARKETING ZOO πŸŽ‰

VAN ’N WILLE IDEE TOT ’N FEES WAT BENONI LAAT GLIMLAG HET! πŸ¦πŸŽ‰

Agter elke kunstenaar, elke borg en elke klein detail was daar ’n span wat maande lank hul alles gegee het. En dit het gelei tot die grootste Afrikaanse fees van die naweek!

Glimlag Fees is The Marketing Zoo se hartprojek, en om te sien hoe bykans 15 000 mense saamkom vir musiek, herinneringe en ’n goeie doel… DÍT is waarvoor ons dit doen! ❀️

BAIE DANKIE AAN THE MARKETING ZOO DAT JULLE DEEL WAS VAN GLIMLAG FEES 2026 EN GEHELP HET OM HIERDIE ONVERGEETLIKE DAG MOONTLIK TE MAAK! πŸ’›

#GlimlagFees #GlimlagFees2026 #AfrikaanseMusiek #Benoni #TheMarketingZoo by @glimlagfees
0
4 days ago
Download
πŸŽ‰ GLIMLAG FEES 2026 | VIP-BORGE πŸŽ‰

’N BIETJIE EKSTRA MAGIC, ’N HELE KLOMP β€œWOW”-OOMBLIKKE! πŸ₯‚βœ¨

Want wie seΜ‚ ’n fees kan nie ook ’n bietjie fancy wees nie? πŸ˜‰

Ons wou heΜ‚ ons VIP-gaste moes van die eerste oomblik af iets besonders ervaar. Van die pragtige dekor tot die klein detailtjies wat alles bymekaar gebring het… ons VIP-area was beslis ’n plek om te onthou! 

En dit alles danksy ’n ongelooflike groep borge wat saamgewerk het om hierdie ruimte in iets besonders te omskep!

✨ Strong Event Decor
✨ My Party Box SA
✨ Cuttin’ Paper
✨ Dot Blue Events
✨ KG Roca Holdings
✨ Aurora Dawn of Decor
✨ Halouw Makeup Academy
✨ Pandarasie Events & Catering
✨️ The Balloon & Party Fairy 

BAIE DANKIE AAN ELKEEN VAN HIERDIE ONGELOOFLIKE BORGE DAT JULLE DEEL WAS VAN GLIMLAG FEES 2026 EN GEHELP HET OM HIERDIE ONVERGEETLIKE DAG MOONTLIK TE MAAK! πŸ’›

#GlimlagFees #GlimlagFees2026 #AfrikaanseMusiek #Benoni #VIPExperience by @glimlagfees
0
4 days ago
Download
πŸŽ‰ GLIMLAG FEES 2026 | EPH GROUP πŸŽ‰

HULLE HET DIE KLANK GEBRING. JULLE HET DIE STEMME GEBRING! πŸ”ŠπŸ”₯

Van die eerste noot tot die laaste liedjie was Glimlag Fees se verhoog die hartklop van die dag!

EPH Group het gehelp om die verhoog, klank en tegniese elemente bymekaar te bring sodat ons kunstenaars kon doen wat hulle die beste doen… en duisende feesgangers uit volle bors kon saamsing! 

BAIE DANKIE AAN EPH GROUP DAT JULLE DEEL WAS VAN GLIMLAG FEES 2026 EN GEHELP HET OM HIERDIE ONVERGEETLIKE DAG MOONTLIK TE MAAK! πŸ’›

#GlimlagFees #GlimlagFees2026 #AfrikaanseMusiek #Benoni #LiveSound by @glimlagfees
0
4 days ago
Download

Download All

Save the photos and videos currently loaded on this page.

0Photos
0Videos
Ready to download 0 / 0

Keep this tab open until your download is ready.

back to up