Instagram story viewer> @hs_jvr> Posts
3K
followers
57
following
Geniet die unieke kykie in die skoollewe van Hoërskool Jan van Riebeeck!
POSTS STORIES REELS TAGGED
Dis ons LENTESOKKIE (voor die eksamen amper begin!) in Die Gat vanaand. 
Geniet dit, Jan van Riebeeckers! by @hs_jvr
0
4 days ago
Download
Witrokdag was 'n báie emosionele afskeidgeleentheid vir ons spesiale 2026-matriekklas. 

Ons groet hierdie Jan van Riebeeckers met trots en dankbaarheid - en ons sien daarna uit om hul toekomspaaie met groot liefde en belangstelling dop te hou. 

Mag die meetsnoere vir hierdie besondere jongmense op die heel lieflikste plekke val! by @hs_jvr
0
4 days ago
Download
Baie geluk aan al ons Jan van Riebeeckers wat tydens ons 𝐆𝐫𝐚𝐚𝐝 𝟏𝟎 𝐭𝐨𝐭 𝟏𝟐-𝐏𝐫𝐲𝐬𝐮𝐢𝐭𝐝𝐞𝐥𝐢𝐧𝐠 erkenning ontvang het vir hul prestasies, toewyding en harde werk in 2026! by @hs_jvr
0
4 days ago
Download
 by @hs_jvr
1
5 days ago
Download
 by @hs_jvr
1
5 days ago
Download
Drie graad 10 Visuele Kunste-leerders is uit die hele provinsie gekies om hul werk by die Iziko Landskapuitstalling uit te stal. 

Baie geluk aan Eddie Quixley, Neil Heyns en Zuletha Ferreira! 

Ons is baie trots op hierdie besondere prestasie. by @hs_jvr
0
11 days ago
Download
Ons is baie trots op die volgende sangers van Hoërskool Jan van Riebeeck, wat by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod as medaljewenners in hul onderskeie kategorieë aangewys is. Hulle word ook op grond van hierdie prestasie uitgenooi om op 16 Oktober by die Prestige Konsert van hierdie Eisteddfod op te tree:

Jeanne Koen - Sang, Graad 9 - Silwer medalje
Jeanne Koen - Sang, Afrikaanse Lirieke - Silwer medalje
Lilitha Mhini - Sang, Rock en Pop - Silwer medalje
Caleb Swart - Sang, Kunslied - Silwer medalje

Welgedaan aan hierdie talentvolle jong sangers! by @hs_jvr
0
11 days ago
Download
Die beste graad 8-speller in die land is 'n Jan van Riebeecker! 

Ons is besonder trots op Rahkeem Hendriks-Wagenaar wat by die WOW-spelkompetisie van die Universiteit van Stellenbosch skoonskip gemaak het - en as die nasionale graad 8-wenners aangekondig is. 

Ons is verskriklik trots op jou harde werk en toewyding, Rakheem - wat 'n prestasie! 
Baie geluk! by @hs_jvr
1
11 days ago
Download
#JANSTYL 2026 – DIE TOEKOMS IS BLINK! 

Wat ’n besondere aand van glans, styl en omgee! 

Hoërskool Jan van Riebeeck se jaarlikse #JanStyl-glansgeleentheid het plaasgevind! 'n Aand waar 24 van ons graad 11-leerders, 12 seuns en 12 dogters, die geleentheid gekry het om hulself met selfvertroue, styl en persoonlikheid aan die skoolgemeenskap te vertoon.

Met die tema “Die toekoms is blink” het die skoolsaal behoorlik geskitter! Die verhoog, versier met silwer en tinsel, het die perfekte agtergrond gebied vir ’n aand wat werklik aan die tema gestalte gegee het.

Maar, #JanStyl gaan oor méér as net glans en styl. Die hele geleentheid is ten bate van Ladles of Love aangebied, met die doel om ’n verskil in ons gemeenskap te maak.

Die nuwe Mnr. en Mej. Jan van Riebeeck neem nou ook ’n besondere rol in ons skool se omgee-inisiatief op. Emke van Wyk en Albert Griesel sal as die nuwe voorsitters van #JanOmgee dien en gaan die projek lei in sy ondersteuning van Ladles of Love gedurende 2026/2027. Ons sien met groot opgewondenheid uit na die verskil wat hulle saam met hul span kan maak! 

Die uitslae van JanStyl 2026:
Mej. Jan van Riebeeck: Emke van Wyk
Mnr. Jan van Riebeeck: Albert Griesel
1ste Prinses: Lara Basson
1ste Prins: Sebastian Senekal
2de Prinses: Alexia Olivier
2de Prins: Johan Guelpa

Baie geluk aan al ons deelnemers wat met soveel entoesiasme, selfvertroue en styl deelgeneem het. Julle het elkeen bygedra tot ’n onvergeetlike aand en gewys dat die toekoms van Jan van Riebeeck inderdaad blink is! 

’n Spesiale woord van dank aan die #JanStyl-komitee, asook die graad 9-ouers en -leerders, wat met soveel moeite, tyd en toewyding gehelp het om hierdie geleentheid te organiseer en suksesvol te laat verloop. 
Van die blink dekor en die glans op die verhoog tot die groter doel van omgee en diensbaarheid – JanStyl 2026 was ’n aand om te onthou!

Die toekoms is blink! Die toekoms is ons leerders. En die toekoms is een waar ons saam ’n verskil maak. by @hs_jvr
0
11 days ago
Download
VREESLOOS 2026 FINALE WENNERS l

Baie geluk Hoërskool Jan van Riebeeck @hs_jvr ‼️‼️
Wenners van Vreesloos 2026.

Dankie aan ons borge:
@phangelagroup
@tygervossies Tygervallei 
@bossa_goodtimes Vredekloof
@powerbush_drinks
@pnx_gap_year

#vreesloos2026 #radiotygerberg104fm #wenners by @hs_jvr
19
23 days ago
Download
VREESLOOS 2026 FINALE l
Daar is selfs eksperimente betrokke...
Dankie @tygervossies

Finaliste:
@hs_jvr
@df.akademie
@diemelkie
@hs_brackenfell

Borge:
@phangelagroup
@bossa_goodtimes Vredekloof 
@tygervossies
@powerbush_drinks

#Vreesloos #Vreesloos2026
#radiotygerberg104fm #RadioTygerberg by @hs_jvr
3
23 days ago
Download
VREESLOOS 2026 FINALE l
Smoothie challenge 🤢🤭🤣‼️

Finaliste:
@hs_jvr
@df.akademie
@diemelkie
@hs_brackenfell

Borge:
@phangelagroup
@bossa_goodtimes Vredekloof 
@tygervossies
@powerbush_drinks

#Vreesloos #Vreesloos2026
#radiotygerberg104fm #RadioTygerberg by @hs_jvr
4
23 days ago
Download

Download All

Save the photos and videos currently loaded on this page.

0Photos
0Videos
Ready to download 0 / 0

Keep this tab open until your download is ready.

back to up