Instagram story viewer> @hs_rustenburg> Posts
10.6K
followers
114
following
Vanaf 1922 ✌
Tóé groen, steeds groen, vir 'n 100 jaar IMMERGROEN!
🌳🌳🌳
POSTS STORIES REELS TAGGED
Download All
2 DRIEË. 2 STRAFSKOPPE. 1 BEKER! 🏆

En ñ o.14-span wat alles op die veld gelos het!

Die o.14A-rugbymanne het vandag gewys hoe dit lyk om te veg vir elke meter, elke bal en vir die man langs hulle.

Vandag lig hulle die Virseker Noordvaalbeker hoog, ñ beloning vir ñ seisoen van harde werk, vasbyt en geloof. 

Rusties, julle het nie net ñ wedstryd gewen nie,  julle het geskiedenis gemaak! 🏆

Hoërskool Rustenburg is trots op elke speler en elke agrigter! 

DIE BEKER KOM RUSTENBURG TOE!

#RustieRugby #dielekkernessisnetteveelbyrhs

Rustie-rugby word met trots geborg deur Afri-Readymix, EDG, Mine Safe, MCivils, Avura & RHS Old Boys. by @hs_rustenburg
1
2 months ago
Download
DAGBOEK DIE VOLGENDE DATUMS‼️ by @hs_rustenburg
0
3 months ago
Download
Praise and Worship aand.
Woensdag, 14 Okt 2026, 18:00 op die A-Veld by @hs_rustenburg
0
a day ago
Download
CENA MASSABYEENKOMS | BESONDERE ATLETIEK PRESTASIES

Dit is vir ons ñ groot voorreg om die volgende uitsonderlike prestasies van ons atlete tydens die afgelope Vrydag se CENA Massabyeenkoms te deel. Dit gebeur nie sommer elke dag dat geskiedenis herskryf word nie, maar hierdie leerders het gewys uit watter hout hulle gesny is!

Baie geluk aan die volgende leerders wat nuwe byeenkomsrekords opgestel het.

Rustie-atletiek word met trots geborg deur CENA SCAFFOLDING & CORROSION PROTECTION. by @hs_rustenburg
1
a day ago
Download
RHS Massa byeenkoms by @hs_rustenburg
1
4 days ago
Download
Matriekloop-kaartjies 2026

✨ DIE WAG IS VERBY… EN DIE TYD RAAK MIN! ✨

Matriekafskeid 2026 is om die draai! 👗🤵 

Kom wees deel van ’n spesiale aand waar ons, ons Rustie-seuns en -dogters sien verander in jong manne en pragtige dames. 🥂✨

🎟️ Koop vandag nog jou kaartjies!
1️⃣ Volg die skakel: https://itickets.co.za/register/new/487350
2️⃣ Of besoek iTickets en soek vir “RHS Matriekloop”

🚨 NB! Daar is ’n BEPERKTE hoeveelheid kaartjies beskikbaar! Moenie wag tot dit te laat is nie!

Kom deel in die glans, trots en spesiale oomblikke van Matriekafskeid 2026. 💚🧡🤍 by @hs_rustenburg
0
7 days ago
Download
VAKANTE POS

Word deel van die Rustie-familie! 💚🧡 🤍 by @hs_rustenburg
0
18 days ago
Download
BAIE GELUK RUSTIERAAD 2027

Ons wens elke leerder wat verkies is tot die 2027 Rustieraad baie geluk! Om tot hierdie raad verkies te word, beteken dat jy nou deel is van die hoogste vlak van leerderleierskap binne ons skool.

Met hierdie voorreg kom daar egter ook ’n groot verantwoordelikheid. 

’n Leiersposisie gaan nie bloot oor ’n titel, ’n kenteken of die voorregte wat daarmee gepaardgaan nie. 

Mag jy verantwoordelikheid, karakter en diensbaarheid toon waar ook al jy gaan. 

Mag jou optrede, houding, taalgebruik,
besluitneming en verhouding met ander leerders die waardes weerspieël waarvoor ons skool staan.

Mag jy hierdie geleentheid aangryp om nie net ’n goeie leier te wees nie, maar om ’n diensbare, beginselvaste en voorbeeldige jongmens te word.

Ons sien met groot verwagting uit na die positiewe bydrae wat hierdie groep nuwe leiers tot ons skoolgemeenskap gaan lewer! by @hs_rustenburg
0
20 days ago
Download
VLR GR. 11 2027 & KOSHUISRAAD | BAIE GELUK RUSTIES!

Baie geluk aan ons nuwe VLR-lede vir 2027. 

Ons wens elke VLR- en -raadslid alle sukses toe met hierdie besonderse nuwe hoofstuk.

Hierdie verkiesing is ñ besondere prestasie en ñ bewys van die vertroue wat jul medeleerders in julle stel.

Ons sien uit daarna om te sien hoe elkeen van jul ñ positiewe verskil by die Hoërskool Rustenburg maak.

#rustieleiers2027 by @hs_rustenburg
1
23 days ago
Download
BLITSIGE DRAMA! HOENDERVLEIS VIR DIE BLITZBOOM-SEWES! 

Sewesrugby wag vir niemand nie...dit is 14 minute van pure spoed, adrenalien en hartklop in jou keel! 

Vandag by die Clover Champ of Champions in Potchefstroom het Hoërskool Rustenburg gewys hulle het die murg en die spoed om geskiedenis te skryf.

In ‘n reuse-kragmeting teen die verdedigende kampioene, Westville Boys’ Highschool, het elke sekonde soos ‘n ewigheid gevoel. Shayloh Cox en Junaid Stevens het vroeg in die wedstryd reeds gewys hoe gevaarlik hul is as hulle die bal in hande het! 

Met die horlosie wat vinniger hardloop as Mondray Arendse, was die telling 12-17 in Westville se guns, maar ons Rusties gee nie op nie. 

Ons seuns het die diepste krag in hulleself gevind! Die bal skuif vinnig deur die hande, vind die gaping, en by die pale druk Dian Huisamen! Die span juig, die afrigters spring op en die pawiljoen ontplof! Daar is sekondes oor en die Rusties is 17-17 gelyk.

Met die doelskop wat deur die pale seil om die Rusties voor te sit, en die eindfluitjie wat oomblike later volg, is die telbord ook uitasem. 

Rusties, julle het alles op die veld gelaat, en dit was genoeg! 

Hoërskool Rustenburg is trots op elke speler en elke afrigter. 

WENNERS VAN DIE 2026 CLOVER CHAMP OF CHAMPIONS REEKS! by @hs_rustenburg
3
24 days ago
Download
VLR GR. 10 2027 | BAIE GELUK RUSTIES!

Baie geluk aan ons nuwe VLR-lede vir 2027. 

Ons wens elke VLR-lid alle sukses toe met hierdie besonderse nuwe hoofstuk.

Hierdie verkiesing is ñ besondere prestasie en ñ bewys van die vertroue wat jul medeleerders in julle stel.

Ons sien uit daarna om te sien hoe elkeen van jul ñ positiewe verskil by die Hoërskool Rustenburg maak.

#rustieleiers2027 by @hs_rustenburg
1
a month ago
Download
VLR GR. 9 2027 | BAIE GELUK RUSTIES!

Baie geluk aan ons nuwe VLR-lede vir 2027. 

Mag 2027 vir elke VLR-lid ñ jaar wees van groei, diensbaarheid, verantwoordelikheid en mooi herinneringe. 

Ons sien uit daarna om te sien hoe elkeen van jul ñ positiewe verskil by die Hoërskool Rustenburg maak.

#rustieleiers2027 by @hs_rustenburg
3
a month ago
Download
×

Download all media on this page

Photos Videos
back to up