Posted On: October 7th 2026, 12:12 pm
Buite-Kurrikulêre Gala-aand 🏆
’n Aand van trots en viering! Tydens ons jaarlikse Gala-aand het ons hulde gebring aan die uitsonderlike talent, harde werk en deursettingsvermoë van ons leerders.
Van top-prestasies in sport en ander buite-kurrikulêre aktiwiteite tot spesiale toekennings vir besondere uitnemendheid, het ons vanjaar ’n skatkis vol sukses gevier.
Ons sê baie dankie aan ons personeel, ouers en ondersteuners. Sonder julle onvoorwaardelike ondersteuning en toewyding sou hierdie mylpale nie moontlik gewees het nie.
Ons sien uit na nog ’n jaar van groei, deursettingsvermoë en vele meer hoogtepunte wat voorlê.
#sportprestasies #uitnemendheid #leerleeflei #hartenhand #bewaaronsbodem🌱