Instagram story viewer> @bolandlandbou> Posts
8.2K
followers
229
following
Landbouskool vir 395 seuns in die hartjie van die Boland.
POSTS STORIES REELS TAGGED
taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
0
3 days ago
Download
Die Boland Landbou-seuns het ‘n kans gehad om heerlik saam met die belangrikste vrouens in hul lewens te ontspan in die buitelug. 
Almal het lekker gekuier en mekaar so bietjie beter leer ken. 
Piekniek onder die bome, goeie kos, roomys, koffie en goeie geselskap - die beste manier om ‘n pragtige lentedag te spandeer.
Dankie vir elke HLB-mamma en -seun wat saam met ons die oggend geniet het.
🍇🥯🥖🍦☕️🍉🍓 taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
1
3 days ago
Download
Gelukkige Baasdag, Meneer Moolman! 

Vandag wil ons as Boland Landbou-familie vir ons ongelooflike skoolhoof, Meneer Johan Moolman, ’n opregte dankie sê. Dankie vir meneer se uitstaande leierskap, visieryke koers, geduld en onvoorwaardelike ondersteuning. Meneer se leiding inspireer ons daagliks om ons beste te gee en die skool na nuwe hoogtes te neem.

Meneer se harde werk, toewyding en passie vir ons skool, die personeel en die leerders word raakgesien en opreg waardeer. Goeie leierskap maak die verskil, en ons is bevoorreg om meneer aan die stuur te hê!

Mag meneer vandag bietjie ekstra bederf word, want meneer verdien dit voorwaar.

Hoër Landbouskool Boland wens Meneer ’n wonderlike Baasdag toe en ons sien uit na nog baie suksesvolle jare van leierskap en mooi oomblikke saam!

Dankie vir die diep spore wat u hier trap! 
🚜🌾💛 taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
0
3 days ago
Download
🏏WILDEKLAWER DIAMANTVELD T20 🏏

Ons 1ste Krieketspan het vanaf 8–11 Oktober in Kimberley gewys uit watter hout hulle gesny is tydens die jaarlikse Diamantveld T20-toernooi.

Met uitstekende spanwerk en ongelooflike individuele vertonings het die manne deurgedring na die finaal van die toernooi — vir die tweede agtereenvolgende jaar.

📊 Uitslae van die Toernooi:
• v Helpmekaar: Wen met 96 lopies
(Johannes Goosen 64, Kobus Conradie 3/10)
• v Outeniqua: Wen met 7 paaltjies
(Troy Davis 2/11, Francois Prins 51)*
• v Paarl Gimnasium: Wen met 16 lopies (DLS)
(Kobus Conradie 35, Gunther Schmidt 1/7)
• v Hans Moore: Wen met 27 lopies
(Francois Prins 46, Kobus Conradie 3/4)
• Semi-finaal (v Kempton Park): Wen met 22 lopies
(Francois Prins 48 & 4/19)
• Finaal (v Garsfontein): Verloor met 85 lopies
(Troy Davis 3/13)

Hoewel ons in die finaal ongelukkig die knie moes buig teen Hoërskool Garsfontein, is ons trots op die harde werk, veggees en stamina wat die span regdeur die toernooi getoon het. 👏

⭐ SPESIALE ERKENNING:
'n Baie geluk aan Francois Prins wat na afloop van die toernooi as die Speler van die Toernooi aangewys is! Om hierdie prestasie nog soeter te maak, het Francois ook gedurende die toernooi sy 150ste wedstryd vir ons 1ste Krieketspan gespeel. 'n Besonderse mylpaal! 🏏🏏🏏

Baie geluk aan die spelers en afrigters met 'n uitstekende toernooi!

#1steXIKrieket #WildeklawerT20 #Trots #KrieketMylpaal #broederskap taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
1
5 days ago
Download
💧 SABI-BESPROEIINGSKURSUS 💧

Ons Graad 11-Landboutegnologie-seuns het die afgelope 2 dae hul kennis opgeskerp tydens die jaarlikse SABI-besproeiingskursus! 🌾

Ná die teorie kon die leerders dadelik by die plaas se spilpunt inskakel om die praktiese aspek aan te pak en waterverspreidingsdoeltreffendheid te toets. ’n Ervaring wat hul kurrikulum perfek aanvul.

Baie dankie aan Ulrich Peters (kursusleier) en ons borge — Zimmatic, Lindsay en Bergrivier Besproeiing — wat dit moontlik maak.

#Zimmatic 
#bergrivierbesproeiing 
#lindsay taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
1
5 days ago
Download
📖 𝔸𝕜𝕒𝕕𝕖𝕞𝕚𝕖 
🗓️ 𝙺𝚠𝚊𝚛𝚝𝚊𝚊𝚕 3: 2026
⭐️ 𝐓𝐨𝐩 𝟏𝟎

Baie geluk aan al ons toppresteerders, ons is 𝗕𝗔𝗜𝗘 trots op julle! 👏🏻
#hlbakademie taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
2
9 days ago
Download
UITSTAPDAG 2026 (deel 2)

Vandag groet die Boland-familie 'n besonderse groep jong manne! 👋 Matrieks van 2026, dit is julle laaste skooldag, maar die begin van soveel meer.

Vyf jaar van broederskap, 'n leeftyd se vriendskap. Julle het saamgestaan deur dik en dun. Ons is  trots op elkeen van julle en sien uit na wat julle toekoms inhou.

Gryp die lewe aan! Maak die beste daarvan! Gaan skryf jou unieke, suksesvolle lewensverhaal met daardie mooi silwer pen. Dra die spesiale das met trots wanneer ons julle weer sien as "old boys".

Mag julle lewenspad besaai wees met liefde, geluk, gesondheid en voorspoed.

"As jy braaf genoeg is om totsiens te sê, dan sal die lewe jou groet met 'n nuwe hallo."

Alles van die beste, manne! Julle sal altyd deel van Boland wees. #broersvirewig 

Mooi loop!

#leerleeflei📚 #hartenhand🖤🖐🏼 #bewaaronsbodem🌱 #broersviraltyd MX2026 taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
0
10 days ago
Download
UITSTAPDAG 2026

Vandag groet die Boland-familie 'n besonderse groep jong manne! 👋 Matrieks van 2026, dit is julle laaste skooldag, maar die begin van soveel meer.

Vyf jaar van broederskap, 'n leeftyd se vriendskap. Julle het saamgestaan deur dik en dun. Ons is  trots op elkeen van julle en sien uit na wat julle toekoms inhou.

Gryp die lewe aan! Maak die beste daarvan! Gaan skryf jou unieke, suksesvolle lewensverhaal met daardie mooi silwer pen. Dra die spesiale das met trots wanneer ons julle weer sien as "old boys".

Mag julle lewenspad besaai wees met liefde, geluk, gesondheid en voorspoed.

"As jy braaf genoeg is om totsiens te sê, dan sal die lewe jou groet met 'n nuwe hallo."

Alles van die beste, manne! Julle sal altyd deel van Boland wees. #broersvirewig 

Mooi loop!

#leerleeflei📚 #hartenhand🖤🖐🏼 #bewaaronsbodem🌱 #broersviraltyd MX2026 taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
1
10 days ago
Download
ATLETIEK:

Sakke is gepak en die busse ry George toe! 🚌

Baie sterkte aan elke Boland Landbou-atleet wat vandag en môre (9 & 10 Oktober) by die Kwagga Top 10 uit die blokke gaan spring. Mag julle vinnig hardloop, ver gooi en hoog spring!

Ons dink aan julle en weet julle gaan Boland Landbou se naam hoog hou. Geniet elke oomblik! 🏅✨ taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
0
10 days ago
Download
Ons tennisbane is aan die brand! 🔥 
Boland Landbou se nasionale Tennisfees het vanoggend afgeskop.

Twaalf puik spanne van regoor die land is gereed vir twee dae van uitstekende tennis en goeie gees. 

Mag die toernooi 'n groot sukses wees. 🎾🏆

#hlbtennis🎾 #BolandLandbou #NasionaleToernooi #tennistrots taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
2
10 days ago
Download
Buite-Kurrikulêre Gala-aand 🏆

’n Aand van trots en viering! Tydens ons jaarlikse Gala-aand het ons hulde gebring aan die uitsonderlike talent, harde werk en deursettingsvermoë van ons leerders.

Van top-prestasies in sport en ander buite-kurrikulêre aktiwiteite tot spesiale toekennings vir besondere uitnemendheid, het ons vanjaar ’n skatkis vol sukses gevier.

Ons sê baie dankie aan ons personeel, ouers en ondersteuners. Sonder julle onvoorwaardelike ondersteuning en toewyding sou hierdie mylpale nie moontlik gewees het nie. 
Ons sien uit na nog ’n jaar van groei, deursettingsvermoë en vele meer hoogtepunte wat voorlê.

#sportprestasies #uitnemendheid #leerleeflei #hartenhand #bewaaronsbodem🌱 taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
0
12 days ago
Download
Leiers vir 2027! 🌟

Tydens ons eerste saalbyeenkoms van kwartaal 4, het ouers die voorreg gehad om daardie spesiale oomblik te deel: om hulle seuns se matriekraad-balkies met trots aan te steek.

Ons is baie trots op dié 12 manne en sien uit na hoe elkeen van julle ons skool met entoesiasme, integriteit en dienende leierskap gaan lei in 2027. 

Mag dit 'n onvergeetlike reis wees! 🤝💙

#BolandLandbou #Leiers2027 #MXraad2027 taken in Boland Landbou Skool by @bolandlandbou
3
12 days ago
Download

Download All

Save the photos and videos currently loaded on this page.

0Photos
0Videos
Ready to download 0 / 0

Keep this tab open until your download is ready.

back to up