Posted On: October 14th 2026, 07:30 am
💧 SABI-BESPROEIINGSKURSUS 💧
Ons Graad 11-Landboutegnologie-seuns het die afgelope 2 dae hul kennis opgeskerp tydens die jaarlikse SABI-besproeiingskursus! 🌾
Ná die teorie kon die leerders dadelik by die plaas se spilpunt inskakel om die praktiese aspek aan te pak en waterverspreidingsdoeltreffendheid te toets. ’n Ervaring wat hul kurrikulum perfek aanvul.
Baie dankie aan Ulrich Peters (kursusleier) en ons borge — Zimmatic, Lindsay en Bergrivier Besproeiing — wat dit moontlik maak.
#Zimmatic #bergrivierbesproeiing
#lindsay