Instagram story viewer> @anke_snyman> Tagged
POSTS STORIES REELS TAGGED
Dit was ’n klein dogtertjie droom om eendag op so groot verhoog te kon speel, maar een wat ek lankal laat gaan het. Nie net het ek die kans gekry om by die Teatro op te tree nie, maar dit was ook in ’n produksie wat ek en James 17 jaar terug al begin skep het. Ek sou nooit kon dink dat ’Semi-Soet’ my op hierdie wilde roller-coaster ride van 2 films en ’n musiekblyspel sou vat nie. Dankie aan my fantalla x 200 cast en crew vir al julle harde werk en deursettingsvermoë. Julle is legends en ek is só trots op julle. En dankie aan elke liewe gehoorlid wat saam met ons kom lag en leef het. Dit was blêrrie lekker! 🍇 🐝 🐖 🎵
15
J.O.Y 💛
Semi-Soet 2026

Karla Jordaan het vir 'n laaste keer aangetree vir BFF duty🥹

Baie dankie aan een elkeen wat hierdie produksie moontlik gemaak het.  Wat n voorreg!

Dankie ook aan een en elk wat ons kom ondersteun het🥹🙏 

Dankie dankie dankie!

💛💛💛💛💛
18
Na 29 vertonings by Montecasino Teatro en 48 vertonings by AfriForum Teater, kan ek met trots sê my nuwe party trick is om Semi-Soet die movie woord vir woord saam te sê.

Dis een van my gunsteling films en een wat al soveel keer in ons huis gespeel het.

Ek onthou hoe ek op my vision board geskryf het: “Al vee ek net vloere, ek wil deel wees van hierdie projek.”

Soms droom ons te klein.

Johan, Jacomien, Jannes en Anel, dankie dat julle vir my ’n kans gegee het om ’n droom uit te leef. Dankie vir die vertroue en vir die veilige net wat julle altyd bied. Ek sal dit nooit vergeet nie.

Aan my mede-cast members, dankie vir een van die lekkerste projekte waarop ek al gewerk het. Dankie dat julle hierdie bumpy joyride soveel pret gemaak het.

Aan my gesin, ek kon dit nie sonder julle doen nie. Julle ondersteuning is die wind onder my vlerke. En ja, julle was toe reg. Ek is toe eintlik okay met die hele sing en acting ding.

Abba Vader, dankie vir tweede kanse. Dankie vir reconciliation. Dankie dat U lig helder skyn in ’n donker wêreld. Ons het vertrou vir wonderwerke en tekens, en U het ons nooit teleurgestel nie. Alles op U regte tyd.

Pretoria FM, dankie dat julle my die ruimte gee om my werk én my drome langsmekaar te kan uit leef. Ek is ewig dankbaar.

As jy wil weet hoe lyk ware “heroes”? Dis die mense agter die verhoog, daar waar hulle nie raakgesien word nie, gewoonlik agter ‘n comps mikrofoon of ‘n quick change in hand. Dis die ware HERO! 

Dis Semi-Soet om totsiens te sê vir ’n blêrrie lekker tyd wat ek vir altyd sal koester.

Hertjie, jou flippen rockstar. Jy het my meer as net woorde geleer, dalk meer as wat ek ooit sal kan besef.

Ek het hierdie droom op ’n vision board geskryf.

Vandag weet ek: soms droom ons te klein.

En ek is waarlik HAPPY!
18
🎭 Daar’s 𝘚𝘦𝘮𝘪-𝘚𝘰𝘦𝘵 koopkoors!

Net 5 𝘚𝘦𝘮𝘪-𝘚𝘰𝘦𝘵 shows is oor — en die laaste kaartjies vlieg teen R99 elk.

As 𝘚𝘦𝘮𝘪-𝘚𝘰𝘦𝘵 – 𝘥𝘪𝘦 𝘮𝘶𝘴𝘪𝘦𝘬𝘣𝘭𝘺𝘴𝘱𝘦𝘭 nog op jou lysie is, dis nou of dis nooit!

🔥 R99 per kaartjie
📅 2–4 Oktober
📍 Teatro, Montecasino

semisoetmusiekblyspel.co.za
11
back to up