Instagram story viewer> @emilehager> Tagged
2.7K
followers
1289
following
🇿🇦
ORIGINS- podcast Host
Singer - Actor - Writer
Links ⬇️
POSTS STORIES REELS TAGGED
Amalia Uys: Van Springbok tot 7delaan, 'n brief vir Prins William, en Trump en Mandela om een tafel!

Ek is bevoorreg om Amalia persoonlik te ken. Sy en haar man Shaun is twee van my gunsteling mense, en waarskynlik die paartjie met die beste hare in die wêreld.

Dit was ons gedeelde liefde vir cold plunging wat ons vriendskap begin het. Moenie dink die pragtige boshare en fietse lyfie is bang vir avontuur nie, Amalia is ‘n regte bok vir sport. Sy het die Namakwaland in haar bene en die kleur van die landskap in haar hare.

Sy is ook ‘n groot grapjas en ons is nie ‘n wenslike kombinasie op stel nie want ons vat gat van als en almal. Maar dit is presies wat haar so gegrond en opreg maak, geen idee van celebrity of skanse nie.

Sy het haarself telkens herskep om ‘n merkwaardige loopbaan te bou, iets wat min akteurs al kon reg kry na so bekende sepie rol. Ek was al gelukkig om 'n verhoog en skerm met haar te deel. 

Sy ondersoek altyd die intensie, die diepgang, die eerlikheid op die verhoog, voor die kamera en in die lewe. 

Kan jy nou net dink sy het daai brief vir Prins William gepos, en Prins Harry was vandag nie die enigste rooikop in Buckingham Palace nie!

#amaliauys #7delaan #princewilliam #buckinghampalace #podcast
13
officially entering panoramic-photo territory 
Introducing Project XXVI.2 with some brand new faces and voices 🪐

Our first show of the project will be at @woordfees; A collaboration with brilliant @bibi_slippers , based on her poetry collection, “Soekenjin” …set to original music by our @pieterlodewikus .

Tickets linked in bio
See you there!

📸 @sebastiannbergmann
15
Die media sal jou laat glo Rolanda Marais was altyd die gewildste meisie in die geselskap. Sy was nie...
Sy was die vet tiener wat haar boetie en sussie voor die TV vermaak het, al het hulle protesteer. Sy en haar beste vriend was die weird drama kids op skool, alternatief, effens misterieus, wat opvoerings by saalopening gedoen het en strategies die cool meisies bevriend het sodat die boelies hulle uitlos. En waar 'n Afrikaanse meisie uit Wellington vanselfsprekend na Stellenbosch sou gaan om Drama in Afrikaans te studeer, het sy UCT gekies om in Engels te studeer, want sy wou uitgedaag word. Sy plaas haarself altyd waar sy uitgedaag kan word eerder as gemaksones, nie noodwendig bewustelik nie, maar dit is waar sy groei.
Sy is een van die mees bekroonde aktrises van haar generasie. Vita Awards, Fiesta Awards, Fleur du Caps, ATKV toekennings, van Binnelanders tot Poppie Nongena, Hedda Gabler, Die Seemeeu en meer. Sy sê opreg dat sy elke keer verbaas is om te hoor sy is genomineer. Sy probeer net haar werk benader vanuit 'n plek van eerlikheid, die res volg maar.
Haar pa het haar grootgemaak op internasionale films, Franse films meestal. Haar van Marais kom van Charles Marais, 'n Franse Hugenoot wat in 1688 aan die Kaap aangekom het toe Protestante uit Frankryk moes vlug. As jy haar sien, dink jy ook sy kon net so maklik in 'n Franse film wees. Miskien sit dit in haar bloed.
Tog agter alles sit 'n eksentrieke, kleurvolle, komplekse en lewenslustige mens wat diep geworteld is in haar deernis, respek en liefde vir haar craft en meestal die teater.

Volledige episode nou op YouTube en Spotify. 🎙️
#OriginsPodcast #RolandaMarais #Binnelanders #PoppieNongena #Afrikaans #SuidAfrika
31
back to up