Instagram story viewer> @woordfees> Posts
12.3K
followers
889
following
3-11 Okt | Oct 2026
Erfurthuis, 37 Ryneveld St,Stellenbosch
POSTS STORIES REELS TAGGED
Download All
Die Tyd het gevlieg, maar die goeie nuus is dat jy solank volgende jaar se datums kan dagboek en jou verblyf kan bespreek! Van 2 tot 10 Oktober 2027 sien ons jou by die 27ste Toyota Stellenbosch Woordfees.

’n Groot dankie aan al ons borge en vennote wat in die kunste en kunstenaars belê met hulle ondersteuning van die Toyota Stellenbosch Woordfees: 

Het Jan Marais Nationale Fonds, Toyota South Africa Motors, Spier, EasyEquities, Netwerk24, Jannie Mouton-stigting, NATi, kykNET, Strauss & Co, ATKV, Woordfeesweldoeners, Fynbos Trust, Dirk Nagtegaal, Stellenbosch Wine Routes, Visit Stellenbosch, Standard Bank, RSG, L.W. Hiemstra Trust, Open Window, Strive Capital, Aramex, LIFT, Bok Radio, Hertz, Pieter Toerien Productions, Johannesburg Civic Theatre, Stellenbosch Moederkerk, Stellenbosch Academy of Design & Photography, Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, AK21, Johan Brink Trust, MoneyMoves, PEN Afrikaans, Lanzerac, Monarch Coffee Cartel, Coca-Cola, Oasis Water, Herotel, Topshell, Stuttaford Van Lines, Stellenbosch Square, Deli-co, Easylife Kitchens, Hirsch’s, TotalEnergies, KleinBlouKlip-plaas, Oude Leeskamer, Road House Cinema, Dornier-wynlandgoed, US Museum, Triple Three Distillery, Tekco, Goeters, Fairview Cheese, Rijk Zwaan, Radio Tygerberg, MFM, Sox Footwear, Stelkor, Jack Black Brewing Company, Joma, PVM, Padel Story en The Laundry Boutique. 

#ToyotaStellenboschWoordfees #Woordfees2026 #DisHoogTyd by @woordfees
0
6 hours ago
Download
Dis tyd om dankie en koebaai te sê!

Julle sit die Woord én die oord in Woordfees. Ons het die einde van ’n spesiale en suksesvolle 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees bereik. Dit was ’n ware lentepartytjie wat die Eikestad laat bot, blom en bruis het met uithalerteater, begeesterende klanke, boeke, boekmense en boekgesprekke, kuns, samesyn en geselligheid.

Die Toyota Stellenbosch Woordfees bedank hartlik ons borge, sonder wie se volgehoue ondersteuning dit nie moontlik sou wees om een van die grootste kunstefeeste in Afrika aan te bied nie: Toyota South Africa Motors, Het Jan Marais Nationale Fonds, Universiteit Stellenbosch, Spier, Netwerk24, EasyEquities, kykNET, Strauss & Co, RSG, Standard Bank, Aramex, ATKV, Stellenbosch Wine Routes, LIFT, Bok Radio, Open Window, Hertz, Strive Capital en Stellenbosch Munisipaliteit.

Aan ons lojale feesgangers: dankie vir julle feesdrif en ondersteuning. Ons sien julle volgende jaar, 2 tot 11 Oktober, vir nog ’n heerlike lentefees!

#ToyotaStellenboschWoordfees #Woordfees2026 #DisHoogTyd by @woordfees
5
16 hours ago
Download
Jeremy Loops | Toyota Musiekfees-opelugkonserte

Ons het die opelugkonserte op ’n hoë noot afgesluit met Jeremy Loops. 

Dankie aan almal wat die Toyota Musiekfees bygewoon het. 🫶🎸

📸: @connorleechphotography & @byivan__ by @woordfees
1
a day ago
Download
Booshle G & Tatum Tides: Toyota Musiekfees-opelugkonserte

Booshle G het sy ‘positive vibes’ onder die sterrehemel by die Jan Marais-natuurreservaat laat skyn. Tatum Tides het vir hom geopen en die twee het gesorg vir ’n aand van pop, indie, hiphop, gospel en gevoel.

📸: @connorleechphotography & @ihduplooy 

#ToyotaMusiekfees #Woordees2026 by @woordfees
3
a day ago
Download
Tekkies, taal, trots

Die Velddraf met woorde by die Dornier-wynlandgoed het behoorlik gegons mey energie en ’n liefde vir Afrikaans. 

By die 10 km Vastrap en 5 km Japtrap het drawwers met woorde soos “oppit”, “marakkas” en “rateltaai” gedraf en hul liefde vir taal uitgedraf. Ons het ook die WAT se 100jaar gevier met 'n 100m eeu loop. 

Ons het begin met oggendkoffie by Monarch Coffee Cartel en afgesluit met ’n unieke prysuitdeling waar spekboombies die medaljes was – ’n klein groen herinnering aan hoe ons saam kan groei en asemhaal vir Afrikaans.

Dankie aan almal wat saam gedraf, gelag en gegons het. Sien julle volgende jaar!

#ToyotaStellenboschWoordfees #Woordfees2026 #DisHoogTyd by @woordfees
4
a day ago
Download
When Still Life Breathes | Visuele kuns

In hierdie sintuiglike teaterskildery is ’n gedekte tafel tot ’n lewende komposisie omgetower met kuns, musiek, wyn en kos. Gabrielle Kruger het die stillewe verskuif van die doek na ’n ervaring waaraan die gehoor meedoen. In samewerking met Cape Ballet Africa.

📸: @natalie_gabriels_photography by @woordfees
2
a day ago
Download
Prima! | Toyota Musiekfees

Met Ramon Alexander agter die klawers en ’n groep knap jazzmusikante wat hulle begelei, het Dean Balie en Bianca Flanders ’n keur van die flambojante Siciliaans-Amerikaanse trompetspeler en jazzsanger Louis Prima se grootste treffers na die Drostdy-teater op Stellenbosch gebring. Dit was waarlik prima, skryf Marina Griebenow, en die lang staande applous welverdiend.

📸: @natalie_gabriels_photography @jeremeo_lc by @woordfees
4
a day ago
Download
Kitsie: Memoir of a Bomb-Squad Bok | EasyEquities Skrywersfees

Van skolerugby-wonderkind tot Stormers-kaptein, van Springbok-glorie tot die lewe weg van die rugbyveld – die impakspeler Steven Kitshoff het sy verhaal in ’n ligte en eerlike gesprek met Marco Botha vertel. Die skrywer Michael Vlismas het stories gedeel oor hoe hy dié groot man agter die Bok-trui op skrif laat leef.

📸: @stefanamadeus by @woordfees
0
a day ago
Download
Bella’s Kitchen | Leefstyl

Bella’s Kitchen was ’n kosdemo-praatjie van Isabella Niehaus se “liefdesbrief”-resepteboek van haar grootworddae op die Vrystaatse platteland en haar tyd as glansryke moderedakteur en liefdevolle moeder tot suksesvolle restaurantgasvrou en bekroonde skrywer. Reuben Riffel het met Bella gesels.

📸: @gysloubser by @woordfees
0
a day ago
Download
Musiek in die lug, glase omhoog en ’n feestelike flikker in elke straatlig.

Die mooi ou geboue van Ryneveldstraat fluister nog na die Woordfees-straatsoirée. Dit was ’n ware Bolandse straatmakietie met druiwegenot, musiek, goeie wynversnitte en geselligheid. ’n Glasie op die kunste, smaak en styl!

#ToyotaStellenboschWoordfees #Woordfees2026 #DisHoogTyd by @woordfees
2
a day ago
Download
Anton Goosen: Magtig, kyk wie’s 80! | Toyota Musiekfees

Die Liedjieboer se tagtigste verjaardag is met ’n huldeblyk aan ’n lewende nalatenskap gevier saam met Anton en vriende wat van sy mees invloedryke liedjies opgevoer het, soos David Kramer, Zolani Mahola, Luna Paige, Dozi, Deon Meyer, Gian Groen, Koos Kombuis, Loukmaan Adams en meer!

📸: @gysloubser

#ToyotaMusiekfees #Woordfees2026 by @woordfees
0
a day ago
Download
Die Toyota Musiekfees-opelugkonserte by die Jan Marais-natuurreservaat was soos gewoonlik ’n treffer. Dit het ge-rock, ge-pop en gerook gegaan. 

Met Zaan Sonnekus, Tasché, Sossi, Spoegwolf, Van Der Aven, Booshle G, Tatum Tides, Tessi Nandi en Jeremy Loops het die verhoog vlamgevat. 

Dankie vir die lentegees en liefde vir musiek, ons koester dié oomblikke saam met julle! 

#ToyotaMusiekfees #ToyotaStellenboschWoordfees #Woordfees2026 #DisHoogTyd by @woordfees
4
2 days ago
Download
×

Download all media on this page

Photos Videos
back to up